Internasionale Krieketraad

Internasionale Krieketraad
Kenteken van die Internasionale Krieketraad
Kenteken van die Internasionale Krieketraad
Engelse naam International Cricket Council
Afkorting ICC
Land wêreldwyd
Sportsoort Krieket
Gestig op 15 Junie 1909
Gestig in Lord’s, Londen, Engeland
Gestig deur Australië, Engeland en Suid-Afrika
Voorsitter Greg Barclay
Adjunkvoorsitter Imran Khwaja
Hoof- uitvoerende beampte Manu Sawhney
Setel Doebai, Verenigde Arabiese Emirate (sedert 2005)
Londen, Engeland (1909–2005)
Lede 106 lidunies
(12 volle lede en 94 medelede)
Affiliasie Internasionale Olimpiese Komitee
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf icc-cricket.com

Die Internasionale Krieketraad (afgekort: IKR; Engels: ICC vir International Cricket Council) is die internasionale beheerliggaam van krieket. Hulle organiseer internasionale toetskrieket sowel as internasionale eendagwedstryde. Vir die opstelling van die krieketreëls is egter sedert 1788 die Marylebone Cricket Club verantwoordelik.[1]

Die IRK se kantore in Doebai

Die IKR is op 15 Junie 1909 in Lord’s, Londen, Engeland deur verteenwoordigers van Australië, Engeland en Suid-Afrika as die Imperiale Krieketkonferensie gestig. Op 31 Mei 1926 het Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië as volle lede aangesluit. In 1952 het Pakistan gevolg, 1981 Sri Lanka, 1992 Zimbabwe, 2000 Bangladesj, asook in 2017 beide Afghanistan en Ierland. Die raad is in 1965 herdoop tot die Internasionale Krieketkonferensie en het in 1989 sy huidige naam aangeneem. In 2005 het die IKR sy hoofkantoor van die Lord’s-krieketveld in Londen na Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate verskuif.[2] Die amptelike taal is Engels. Die Internasionale Krieketraad se huidige voorsitter is die Nieu-Seelander Greg Barclay.

Die IKR onderskei tussen twee vlakke van lidmaatskap:

Volle lidmaatskap

Lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) volgens status:

   Volle lidlande met toetsstatus (12)

   Geassosieerde lede met EDI-status (8)

   Geassosieerde lede (86)

   Voormalige of opgeskorte lede (8)

   Nielede (23)

Vir die tradisioneel groot krieketlande. Hierdie lande kan toetswedstryde speel. Hierdie lande het twee stemme elk tydens IKR-vergaderings. Die volgende 12 lande is volle lede (in volgorde van aansluiting):

Assosiaatlede

94 kleiner lande waar krieket 'n gevestigde sport is of as sport ontwikkel word, met een stem elk.

Daar was oorspronklik drie vlakke van lidmaatskap, maar die IKR het die geaffilieerde lidmaatskap in 2017 verwyder en alle voormalige geaffilieerde lede het geassosieerde lede geword.[3]

Voormalige lede

  • Vlag van Broenei Broenei (1992–2015)
  • Vlag van Kuba Kuba (2002–2013)
  • Vlag van Marokko Marokko (1999–2019)
  • ECACC.jpg Oos-Afrika (1966–1989)
  •  Oos- en Sentraal-Afrika (1989–2003)
  • Vlag van Tonga Tonga (2000–2014)
  •  Wes-Afrika (1976–2003)
  •  Zambië (2003–2021)
  1. (en) "Laws". Lord’s-krieketveld. Besoek op 26 Junie 2021.
  2. (en) "Cricket chiefs move base to Dubai". BBC. 7 Maart 2005. Besoek op 26 Junie 2021.
  3. (en) "Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide-ranging governance reform". Internasionale Krieketraad. 22 Junie 2017. Besoek op 26 Junie 2021.


Copyright