Mummie van San Andrés

Die Mummie van San Andrés in die Museo de la Naturaleza y el Hombre (
Santa Cruz de Tenerife,
Spanje).
Die Mummie van San Andrés is 'n menslike mummie wat deel uitmaak van die Guanche-kultuur (ou inwoners van die Kanariese Eilande in Spanje).
Die mummie is gevind in 'n grot in 'n kloof buite die dorp San Andrés in Santa Cruz de Tenerife. Die streek van die eiland Tenerife waar die mummie gevind is, die Anaga-massief, is ryk aan argeologiese ontdekkings. Die mummie is van 'n man tussen 25 en 30 jaar oud en is vermoedelik 'n mencey (koning) of ander leiersfiguur in die Guanche-samelewing van sy tyd.
Die mummie is tans in die Museo de la Naturaleza y el Hombre van Santa Cruz de Tenerife.[1]
Copyright
- This page is based on the Wikipedia article Mummie van San Andrés; it is used under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 Unported License (CC-BY-SA). You may redistribute it, verbatim or modified, providing that you comply with the terms of the CC-BY-SA.