Prawda
Prawda (Правда), Russies vir "Die Waarheid", was 'n Sowjet-dagblad. Van 1917 tot en met 22 Augustus 1991 was dit die amptelike spreekbuis van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie.
Die koerant is in 1912 in Wene, Oostenryk, gestig en is eers in 1918 na Moskou geskuif toe dié stad weer Rusland se hoofstad geword het. Die blad het in 1991, ná die verbrokkeling van die Sowjetunie, toegemaak op bevel van pres. Boris Jeltsin. Daarna het van die personeellede 'n nuwe poniekoerant met dieselfde naam gestig. Dit is in 1997 deur die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie oorgeneem. Daar is ook 'n onverwante internet-gebaseerde koerant, Pravda Online (www.Pravda.ru), wat deur ander personeellede bedryf word.
Nog 'n koerant met dié naam is die Komsomolskaja Prawda, voorheen die amptelike blad van die Komsomol (die ontbinde Kommunistiese Jeugliga) en tans die poniekoerant met die grootste sirkulasie in die land.
Naas die Prawda was daar nog 'n belangrike koerant tydens die Koue Oorlog: Izwestija, die amptelike spreekbuis van die Sowjet-regering. Aangesien die twee koerante se name Die Waarheid en Die Nuus beteken, was daar 'n gewilde sêding in dié tyd: W Prawde njet Izwestii, w Izwestijach njet Prawdi ("In Die Waarheid is daar geen nuus nie, en in Die Nuus is daar geen waarheid nie").
- www.pravda.ru (Russisch)
- english.pravda.ru (Engels)'n
Other Languages
- العربية
- Asturianu
- Azərbaycanca
- Башҡортса
- Беларуская
- Беларуская (тарашкевіца)
- Български
- বাংলা
- Brezhoneg
- Català
- کوردی
- Čeština
- Dansk
- Deutsch
- Ελληνικά
- English
- Esperanto
- Español
- Eesti
- Euskara
- فارسی
- Suomi
- Français
- Galego
- עברית
- हिन्दी
- Hrvatski
- Magyar
- Bahasa Indonesia
- Italiano
- 日本語
- ქართული
- Қазақша
- 한국어
- Latina
- Lietuvių
- Latviešu
- Bahasa Melayu
- नेपाल भाषा
- Nederlands
- Norsk nynorsk
- Norsk bokmål
- ਪੰਜਾਬੀ
- Polski
- Piemontèis
- پنجابی
- Português
- Română
- Русский
- Srpskohrvatski / српскохрватски
- සිංහල
- Српски / srpski
- Svenska
- தமிழ்
- ไทย
- Türkçe
- Татарча/tatarça
- Українська
- Tiếng Việt
- 吴语
- 中文
Copyright
- This page is based on the Wikipedia article Prawda; it is used under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 Unported License (CC-BY-SA). You may redistribute it, verbatim or modified, providing that you comply with the terms of the CC-BY-SA.