Sunzi

Sunzi
Enchoen27n3200.jpg
Standbeeld van Sunzi in Yurihama, Tottori, Japan
Gebore 544 v.C. (tradisioneel)
Qi-staat
Sterf 496 v.C. (tradisioneel)
Nasionaliteit China
Beroep generaal, militêre strateeg en filosoof
Bekend vir Die krygskuns
Webwerf charlieduke.net

Sunzi of Sun Tzu (Chinees: 孙子) was 'n Chinese generaal, militêre strateeg, en filosoof wat in die tydperk van die Lente en die Herfs van antieke China gelewe het. Sunzi word tradisioneel geag as die outeur van Die krygskuns, wat invloedryk in beide die Ooste en Weste was. Hy word vandag nog as 'n legendariese historiese figuur in dele van Asië gesien. Sunzi se geboortenaam was Sun Wu en hy het buite sy familie as Tsjantsjing bekend gestaan. In die Weste staan hy vernaamlik as Sunzi of Sun Tzu bekend, wat "Meester Sun" beteken. Sunzi is die Pinyin-transliterasie en Sun Tzu is die Wade-Giles-transliterasie.

Copyright